F. W. Woolworth Maatskappy

F. W. Woolworth Company
Tipe Kleinhandel
Gestig 22 Februarie 1879 (1879-02-22)
Utica, New York, Verenigde State
Stigter(s)Frank Winfield Woolworth (President)
Hoofkantoor Woolworth Gebou, New York Stad, New York, Verenigde State
SleutelpersoneF.W. Woolworth (Stigter/HUB)
Charles Sumner Woolworth (Voorsitter)
IndustrieKleihandel
ProdukteKlere, skoene, meubels, juwele, skoonheidsprodukte, elektronika en huisware
MoedermaatskappyWoolworth Corporation, LLC.
Dogter-
maatskappye
Woolworths Group
F. W. Woolworth Ierland
Woolworth Canada
Woolworth GmbH
Woolworth Mexicana
Kinney Shoe Company
Woolco
Woolworth Athletic Group
Richman Brothers
EienaarOnafhanklik
Webwerfwoolworth.com (geargiveer)
OntbindJulie 31, 1997 (1997-07-31)
Die Woolworth-gebou in Manhattan, New York

Die F. W. Woolworth Maatskappy (dikwels verwys na as Woolworth's of Woolworth) was 'n kleinhandelmaatskappy en een van die oorspronklike pioniers van die "winkel op die straathoek". Dit was een van die mees suksesvolle Amerikaanse en internasionale besighede en het die moderne kleinhandelmodel geskep wat wêreldwyd deur winkels nagevolg is.

Die eerste Woolworth winkel is op 22 Februarie 1879 deur Frank Winfield Woolworth geopen as "Woolworth's Great Five Cent Store" in Utica, New York. Alhoewel dit wou voorkom asof die winkel suksesvol sou wees het dit vinnig misluk.[1] Toe Woolworth vir 'n nuwe ligging gesoek het, het 'n vriend Lancaster in Pennsilvanië as ligging voorgestel. Woolworth het sy eerste suksesvolle "Woolworth's Great Five Cent Store" op 18 Julie 1879 in Lancaster geopen, met gebruikmaking van die oorspronklike kenteken van die winkel in Utica. Sy broer, Charles Sumner Woolworth, het ook betrokke geraak by die besigheid.

Die twee Woolworth-broers was pioniers in die ontwikkeling van aanprysing, direkte aankope, verkope en kliëntedienspraktyke wat vandag steeds algemeen voorkom. Ondanks die feit dat dit vir die grootste deel van die 20ste eeu een van die grootste kleinhandel kettingwinkelgroepe ter wêreld was, het toenemende mededinging daartoe gelei dat dit in die 1980's begin agteruitgaan het, terwyl die winkel se afdeling vir sportgoedere gegroei het. Die winkelgroep het in Julie 1997 ontbind, toe die maatskappy besluit het om hoofsaaklik op sportgoedere te konsentreer en die naam verander is na die Venator Group. Teen 2001 het die maatskappy uitsluitlik op die mark vir sportgoedere gefokus.

Met ingang 2009 was daar bestaande kleinhandelkettingwinkels onder die naam Woolworth in Oostenryk, Duitsland, Meksiko en die Verenigde Koninkryk. Die gelyknamige Woolworths-supermarkte in Australië en Nieu-Seeland word bestuur deur die grootste kleinhandelonderneming in Australië, die Woolworths Group, 'n aparte maatskappy sonder historiese bande met die F.W. Woolworth Maatskappy of Foot Locker Ing. Woolworths Beperk het wel hul naam van die oorspronklike maatskappy geneem, aangesien dit destyds nie as handelsmerk in Australië geregistreer was nie. [2] In Suid-Afrika bedryf Woolworths Holdings Beperk 'n soortgelyke tipe winkel, met gebruikmaking van die Woolworth-naam. Dit het egter nooit enige verbintenis gehad met die Amerikaanse maatskappy nie. Die eiendomsontwikkelingsonderneming Woolworth Group in Siprus is van stapel gestuur as 'n filiaal van die Britse Woolworth's maatskappy en het oorspronklik Woolworth se afdelingswinkels in Siprus bedryf. In 2003 is hierdie winkels se naam verander na Debenhams; die kommersiële eiendom-deel van die onderneming het die naam Woolworth's behou.

  1. Winkler, John K. (31 Julie 2017). Five and Ten: The Fabulous Life of F. W. Woolworth. Pickle Partners. ISBN 978-1787207905.
  2. "Our Story – 1924 September". Woolworths Limited. Besoek op 10 Junie 2013.[dooie skakel]

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy